Kom ons maak vandag ons land skoon!

Namibië sluit vandag aan by die res van die internasionale gemeenskap om Wêreld-skoonmaakdag vandag te herdenk onder die tema “This is the only home we have”. Namibië is sedert 2018 deel van die skoonmaakveldtogte toe die Namibiese sanger Ees dit eers aangedryf het en dit later ondersteuning van President Hage Geingob ontvang het. Rommel is ‘n baie groot uitdaging regoor die land en so ook, afvalbestuur. Vanjaar sal omgewingsminister Pohamba Shifeta die veldtog op Grootfontein afskop word. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie vra dat almal deelneem.