Reho Meat Processors wil uitvoer-abattoir vestig

Dit is die voorneme van die eienaar van Reho Meat Processors om die abattoir by Rehoboth uiteindelik op te gradeer na ‘n A-klas uitvoer-abattoir, gemik op die Namibiese Wagyu-uitvoermark. Dit volg na die Vleisraad in November verlede jaar die aansoek om registrasie van die abattoir goedgekeur het. Intussen word gesertifiseerde Wagyu-beesvleis by Reho Meat Processors vir die plaaslike mark geslag, en Namibiërs kan Namibiese Wagyu eerstehands geniet. Die Vleisraad se klassifikasie-afdeling hanteer die verifikasie en gradering van Wagyu in Namibië.