Dr. Riaan Eksteen gee reaksie op Putin se arrestasiebevel

‘n Politieke kenner en oud-ambassadeur het sy reaksie gegee oor die Internasionale Strafhof wat vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin uitgereik het. Die IKR het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy lasbrief gevra dat Putin in hegtenis geneem word weens die vermoede van die onwettige deportasie van kinders en die onwettige verplasing van mense van die grondgebied van die Oekraïne na die Russiese Federasie. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië, sê uit Swakopmund aan Kosmos 94.1 Nuus dit is makliker gesê as gedaan om Putin te arresteer.