Regulering oor antibiotiese weerstand sal boere in penarie plaas

Die wêreldwye neiging van antimikrobiese weerstand by mense, diere en plante wek plaaslike ook kommer. Volgens die Namibiese Landbou-unie sou strenger regulering daargestel word, dit sake uiters moeilik vir plaaslike boere sal maak. Die Namibiese regering oorweeg tans strenger beheermaatreëls op die gebruik van antibiotika, wat ook plaasdiere sal insluit. Dit kan beteken dat sekere antibiotika wat oor die toonbank aangebied word voortaan net deur veeartse voorgeskryf kan word. Die unie sê die Namibiese direktoraat van veeartsenydienste, saam met die Friedrich Loeffler-instituut, doen nou bewusmaking onder die landbousektor om boere bewus te maak van die situasie en om die korrekte en doeltreffende gebruik van antibiotika vir plaasdiere te bevorder.