Gay-huwelikprotes: Die huwelik is tussen ‘n man en ‘n vrou

Dit gons in verskeie dorpe regoor Namibië, en so ook die hoofstad. Die Koalisie van Kerke en Organisasies teen gay-huwelike vind vandag plaas met ‘n teenprotes deur die wat gay-huwelike ondersteun. Tot dusver is die groepe protesgangers redelik klein met ongeveer 50 in Windhoek, en dinge verloop op die oomblik vreedsaam. Die voorsitter van die koalisie, Shirley Magazi, sê ‘n huwelik is tussen ‘n man en ‘n vrou.