Bibberweer die naweek… twee fronte tref die Kaap

Die twee fronte wat in die Wes-Kaap tref, sal koue weer, en moontlike reën na die Suide bring. Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku oor reënerige, winderige toestande en ysige temperature tot ver in die Noord-Kaap. Daar is ook ‘n moontlikheid vir skadelike winde. Die koue weer sal teen Sondag na die sentrale gebied van Namibië versprei en ook die Noorde bereik, soos Odilo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor verduidelik.