Regshulpsentrum beaam chemiese kastrasie gaan nie help vir verkragters

‘n Namibiese menseregte-aktivis stem saam met haar Suid-Afrikaanse eweknie Lisa Vetten, wat meen chemiese kastrasie is nie die antwoord op die verkragtingskrisis in Suid-Afrika nie. Die voorsitter van die ANC se subkomitee oor Maatskaplike Transformasie, Lindiwe Sisulu, het weer eens ‘n beroep gedoen vir die chemiese kastrasie van oortreders. Vetten verduidelik net ‘n klein persentasie verkragters is gewoonte-oortreders en chemiese kastrasie word gegrond op ‘n reeks foutiewe aannames. Toni Hancox van die Regshulpsentrum gee haar mening oor chemiese kastrasie in Namibië aan Kosmos 94.1 Nuus…