Michelle McLean is nuwe beskermheer van Mej. Namibië

Die voormalige Namibiese Mej. Heelal, Michelle McLean, is as die nuwe amptelike beskermheer van die Mej. Namibië-kompetisie aangewys. Mej. Tiener Namibië word op 11 Augustus gekroon en Mej. Namibië op 12 Augustus. BBP-kaartjies is beskikbaar teen 650 Namibiese dollar en algemene kaartjies beskikbaar teen 450 dollar.