Vleisraad wil ook lamsvleis na China uitvoer

Die Vleisraad van Namibië wil hê die protokol oor die uitvoer van beesvleis na China moet gewysig word om lamsvleis in te sluit. Die direksie se bemarkingshoof, Desmond Cloete, sê die uitvoer van beesvleis na China moet verander word en vir soortgelyke uitvoer van skaapvleis voorsiening maak. Cloete het beklemtoon dat Namibiese skape na die winsgewende mark van China uitgevoer moet word waar ander lande, soos Australië en Nieu-Seeland, ook hul lamsvleis verkoop. Namibië voer tans sy lam- en skaapvleis uit na die winsgewende Suid-Afrikaanse mark, maar Cloete meen daar is ‘n behoefte om hierdie uitvoer met Asië te diversifiseer om boere se opbrengste ‘n hupstoot te gee. Die land het ook uitvoerpermitte vir kleinvee na die Verenigde Arabiese Emirate en Saoedi-Arabië. Cloete gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Cloete sê ook hoe die Chinese mark doen.