ReconAfrica wil in Damara-gordel boor: Shino

Tydens die opening van die 6de uitgawe van die Namibië Internasionale Energiekonferensie by Droombos het Maggy Shino, die petroleumkommissaris in die energie-ministerie ‘n aanbieding oor die bedryf gelewer. Volgens Shino het ReconAfrica ‘n verbintenis gemaak dat een boorput vanjaar geboor word en meer volgende jaar. Die maatskappy verwag om die eerste Damara vougordel-eksplorasie put, Naingopo, in Junie vanjaar te begin boor. Die Naingopo-put is onder meer gerig op 163 miljoen vate voornemende oliebronne of 843 miljard kubieke voet voornemende aardgasbronne.