Numsa verwelkom tweejaar-loonooreenkoms

Die Metaalwerkersvakbond, Numsa, het die tweejaar-loonooreenkoms verwelkom wat in die passasiersbus-sektor bereik is. Die ooreenkoms sluit verhogings in op basiese salarisse van vyf-persent vir vanjaar en 6,5-persent volgende jaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ooreenkoms wat by die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad onderteken is, sluit ook in dat werkgewers op ‘n 50/50-verdeling sal bydra tot primêre gesondheidsorgdekking vir werkers: