Troy se skietery gaan draai in hof

Die skietery van die Belgiese Malinois Troy draai môre in die kommersiële hof in die hoofstad voor regter Shafimana Ueitele. Die hoof-aansoeker is Rainy Day Investments, eienaar van Troy, saam met sy hanteerders en die Justice for Animals Trust. Grootfontein-boer Willem Goosen is die eerste respondent. Die aansoekers vra dat die saak as dringend aangehoor word. Hulle vra die hof vir ‘n bevel om beslag te lê op al Willem Goosen se wapens tot kriminele klagte gefinaliseer is en dat die diere-welsynsorganisasie Nawa toegelaat word om inspeksie op sy plaas te doen na die welstand van beide vee en troeteldiere. Die aansoekers vra verder vir ‘n interdik teen die respondente om hulle te verbied om die twee honde-hanteerders en die familie van Troy se eienaars te dreig, en te belaster. Die prokureur-generaal, aanklaer-generaal, polisie-minister en die Grootfontein-polisie se stasie-bevelvoerder is ook as respondente gelys. Die saak kom nege-uur voor.