Onklaar remme veroorsaak glo Kuiseb-pas ongeluk

Volgens toerisme-bronne is ten minste 40 mense beseer in die ongeluk op die C14-pad op die Kuiseb-pas buite Walvisbaai. Twee Sense of Africa-busse, ‘n Rental Bushlore-voertuig en ‘n ongeïdentifiseerde voertuig was betrokke. Hoofinspekteur Ileni Shapumbu van NamPol in die Erongo-streek het die voorval bevestig en gesê dat ondersoekbeamptes na die toneel gestuur is. ’n Dood is aangemeld, maar kon nog nie amptelik bevestig word nie. Volgens toerisme-bronne is tot 50 mense beseer, en het een van die Sense of Africa-busse se remme onklaar geraak. Dit het in die ander Sense-bus vasgerol en die ander twee voertuie was in die pad.