Recon Africa wen toekenning

ReconAfrica het die Rising Star of the Year-toekenning by die Afrika Energie-toekennings van die Afrika Energieweek 2021 gewen wat in Kaapstad plaasvind. Hierdie toekenning gaan aan ‘n maatskappy wat daarin geslaag het om ‘n voetspoor op die vasteland agter te laat vir ‘n nuwe era van ontdekkers. ReconAfrica se kommunikasiedirekteur, Ndapewoshali Shapwanale, is aan die woord.