Namibia Equal Rights vergader met Walvisbaai se junior dorpsraad

Die Namibia Equal Rights-beweging het onlangs met die Walvisbaai junior dorpsraad vergader. Volgens die stigter, Omar van Reenen, wil hulle ook gelykheid vir die LGBTQ+ jeug in Namibië bevorder. Hulle voel dikwels hulle word nie in hul gemeenskappe aanvaar nie en as individue en instellings vir hul regte opstaan, sal dit die risiko vir geestesgesondheidskwessies verminder.