Windhoek Stadspolisie herdenk 15 jaar

Windhoek Stadspolisie vier vanaf 13 tot 20 November 15 jaar van diens aan die gemeenskap in die hoofstad. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite word beplan.Kosmos 94.1 Copps en Road Watch sal deel wees van die straatoptog wat op 18 November in Onafhanklikheidsrylaan sal plaasvind. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek nooi Windhoekers uit om saam te vier.