Reaksie op renoster- en olifant-kwotas: Jag is deel van bewaring

Die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham het gereageer op die buurland se jagkwotas. Tien luiperds, tien swartrenosters en 150 olifante is vir trofeejagters vir vanjaar in Suid-Afrika geoormerk. Daar is groot kommer onder lede van die publiek wat meen dis alles bedreigde spesies maar, volgens Cunningham is trofeejag ‘n integrale deel van bewaring.