Wes-Kaap het ook groot uitdagings met onderwys gehad tydens inperkings

Namibië het 30 000 leerders in die 2020 akademiese jaar verloor en net meer as 15 000 verlede jaar. Die prentjie lyk nie vreeslik anders in Suid-Afrika nie. Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys sê die 2021 Stelseltoetse wat in Oktober 2021 in die provinsie gedoen is, verskaf ‘n ontleding van die verlies aan onderrig wat leerders gely het. Die LUR vir Onderwys, Debbie Schafer, sê die resultate van die toetse is droewig en gee ‘n aanduiding van die uitwerking van die pandemie op leerders in die land: