Belarus staan bankvas agter Putin

Belarus berei glo sy eie soldate voor om Rusland met sy inval van Oekraïne by te staan. Amptenare sê dit kan so gou as later vandag gebeur. Die regering in Belarus het gister ‘n referendum aanvaar waardeur sy geen-kernwapen-beleid amptelik opgegee word. Rusland kan nou kernwapens van Belarus af ontplooi. Die Europese Unie het nuwe sanksies teen Belarus ingestel in reaksie op dié land se ondersteuning van Rusland se inval. Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Vlugtelinge sê na raming 368 000 mense het reeds uit Oekraïne na buurlande gevlug.