Reaksie oor voorbehoedtekorte by staat

Die bekende geslagsaktivis Rosa Namises het haar skok uitgespreek oor tekorte aan voorbehoedmiddels in dele van die Noorde. Talle staatshospitale en klinieke het reeds vroue weggewys wat hul sonder ‘n heenkome laat en kommer oor swangerskappe laat toeneem omdat vroue in veral landelike gebiede nie altyd die reg het om nee te sê vir hul mans nie.