Werkloosheid in SA styg na 35,3%

Daar is nog slegte nuus vir werksoekers in Suid-Afrika. Die uitslae van die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die vierde kwartaal van 2021 toon die aantal werkende persone het met 262 000 tot op 14,5 miljoen toegeneem, maar die aantal werklose persone het met 278 000 tot 7,9 miljoen toegeneem. Hierdie veranderinge in die arbeidsmark het daartoe gelei dat die amptelike werkloosheidskoers met 0,4 van ‘n persentasiepunt vanaf 34,9 persent in die derde kwartaal in 2021 tot 35,3 persent in die vierde kwartaal gestyg het. Dit is die hoogste werkloosheidsyfer sedert die opname in 2008 begin is.