Cyril moet Vrydag getuig oor onluste

President Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika sal Vrydag voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verskyn. Hy sal voor ‘n paneel getuig oor sy verantwoordelikheid as staatshoof tydens die Julie-onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die kommissie hou verhore oor die onrus in Sandton in Johannesburg.