Ramptoestand moet waai – Sakeliga

Die Suid-Afrikaanse besigheidsorganisasie Sakeliga sê ‘n voortgesette Nasionale Ramptoestand kan duidelik nie langer geregverdig word nie. President Cyril Ramaphosa het verlede week in sy staatsrede gesê die ramptoestand sal slegs opgehef word sodra voltydse regulasies ingestel is. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het bevestig die regering werk tans aan sodanige regulasies. Piet le Roux van Sakeliga sê inperkings en verwante beperkings het beduidende sosiale en ekonomiese skade aangerig: