Cullinan-diamant onder die hamer

Die grootste helder blou diamant wat nóg op ‘n veiling beland het, sal in April in Hongkong verkoop word. Die De Beers Cullinan Blou-diamant van 15,1 karaat is verlede jaar by die Cullinan-myn in Gauteng uitgehaal. Die afslaer Sotheby sê die diamant sal na verwagting meer as 723 miljoen Namibiese dollar haal. Sotheby se senior visepresident, Frank Everett, sê daar is tans ‘n groot mark vir juwele, veral gekleurde diamante: