Kinderverdrinkings is hoë-risiko, veral nou, veral in die Noorde

Namibiese riviere is in vloed ná die goeie reënval. Volgens berigte is daar mense wat probeer om vol riviere oor te steek of kinders wat in riviere swem. Dit is gevaarlik en kan tot verdrinking lei, veral as die kinders nie ten volle bevoeg is nie, wat veral die geval in die Noorde van die land is. Martin Muyenga, die eienaar van Monarch Lifeguard and Emergency Services sê die publiek kan hulle kontak as hulle inligting nodig het om verdrinking te voorkom. Hy gee ‘n paar wenke.