Ramaphosa woon G20-beraad by

President Cyril Ramaphosa reis môre na Bali in Indonesië vir die G20-leiersberaad. Leiers sal op die tweedaagse vergadering besin oor die rol van die G20 as deel van die oplossing van globale uitdagings. Die kwessies sluit in onsekerheid oor voedsel en energie, asook die bevordering van digitale transformasie. Ramaphosa sal toesprake lewer oor voedsel- en energiesekerheid asook finansiële steun aan lande wat deur voedseltekorte geraak word. Hy sal ook skoon energie bespreek in verband met Suid-Afrika se beleid oor sy energiemengsel.