Ebola versprei na Ooste van Uganda

‘n Ebola-geval is in Jinja in die ooste van Uganda bevestig, die eerste keer dat die uitbreking na ‘n nuwe streek van die land versprei het. Owerhede sukkel om die hoogs aansteeklike en dodelike uitbreking onder beheer te bring sedert die epidemie op 20 September afgekondig is. Uganda het tot dusver altesaam 135 bevestigde gevalle en 53 sterftes aangeteken, volgens die ministerie van gesondheid. Kontakopsporing en epidemiologiese ondersoeke is geaktiveer vir die Jinja-geval. Die virus wat in Uganda sirkuleer is die Soedan-stam van Ebola, waarvoor daar geen bewese entstof is nie.