Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om hulle te laat inent

President Cyril Ramaphosa sê diegene wat weier om teen COVID-19 ingeënt te word, vertraag die buurland se vermoë om kudde-immuniteit te bereik en die terugkeer na volle ekonomiese aktiwiteite. President Ramaphosa het op vrae in die Nasionale Vergadering gereageer. Hy sê hoewel niemand gedwing moet word om entstowwe te neem nie, moet mense aangemoedig word om ingeënt te word vir die veiligheid van diegene rondom hulle.