Proteas speel vandag teen Sri Lanka in tweede eendagwedstryd

Krieket: Keshav Maharaj voer die Proteas aan in vandag se tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka in Colombo nadat Temba Bavuma Donderdag in die eerste kragmeting in die reeks beseer is. Hy het sy regterduim gebreek toe hy veldwerk gedoen het in die wedstryd, wat die gasheer met 14 lopies gewen het. Bavuma is op pad terug huis toe en Maharaj is kaptein vir die oorblywende twee eendagwedstryde en drie T20’s. Vandag se kragmeting het pas begin.