Corruption Watch in Suid-Afrika reageer op Deokaran moord

Corruption Watch in Suid-Afrika vra geregtigheid ná die moord op die amptenaar van die Departement van Gesondheid, Babita Deokaran. Nog twee mense is die week in verband met haar moord in hegtenis geneem, maar moes weer vrygelaat word. Die totale aantal inhegtenisnames staan steeds op ses. Deokaran, wat ‘n getuie vir die Spesiale Ondersoekeenheid was, is buite haar huis doodgeskiet. Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, sê die sluipmoord op Deokaran het weer eens die belangrikheid van beskerming vir fluitjieblasers in die kollig geplaas.