Ramaphosa volgende week voor staatskapingskommissie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal volgende week sy getuienis voor die staatskapingskommissie hervat. Die kommissie het die datums vir 11 en 12 Augustus bepaal. Die kommissie sê in ‘n verklaring Ramaphosa sal eers sy getuienis in verband met die ANC voltooi in sy hoedanigheid as oud-adjunkpresident en nou as president van die party. Daarna sal hy getuienis lewer en ondervra word in sy hoedanigheid as adjunkpresident en nou president van die land.