FlyWestair vlieg ook Rundu, Katima Mulilo toe

FlyWestair het twee nuwe bestemmings, naamlik Rundu en Katima Mulilo tot hul vlugskedule vanaf die Eros-lughawe in die hoofstad bygevoeg.  Twee weeklikse vlugte sal vanaf 24 Augustus tussen Rundu en Windhoek plaasvind, asook drie weeklikse vlugte vanaf 25 Augustus tussen Katima Mulilo en Windhoek. FlyWestair se plaaslike vlugskedule bied vyf weeklikse vlugte tussen Eros-lughawe en Andimba Toivo Ya Toivo-lughawe by  Ondangwa aan.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *