Mianmar se militêre heerser is nou eerste minister

Mianmar se militêre heerser Min Aung Hlaing het die rol van eerste minister oorgeneem en het onderneem om in 2023 ‘n verkiesing te hou. Die weermag het ses maande gelede die burgerlike regering oorgeneem nadat dit die verkiesingsoorwinning van Aung San Suu Kyi in die land as bedrog bestempel het. Die staatsadministrasieraad was sedertdien in beheer en ‘n waarnemende regering sal nou oorneem. ‘n Groep aktiviste het die weermag daarvan beskuldig dat hulle meer as 900 mense in die tweespalt sedert die staatsgreep, doodgemaak het.