Ramaphosa: Verkoop van alhokol moet strenger gereguleer word

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die publiek die versekering gegee die regering sal pogings opskerp om die verkoop van alkohol te reguleer, net soos wette gebruik is om rook in openbare plekke te reël. Hy het gepraat by die begrafnis van die 21 jongmense wat in die Enyobeni-taverne in Oos-Londen gesterf het. In sy toespraak het Ramaphosa ‘n beroep op die Oos-Kaapse regering gedoen om meer te doen en die wette oor die bedryf van tavernes toe te pas. Hy maan drankverkoopplekke wat die wet oortree, sal gesluit word.