Arbeid handel 51% van sake in eerste kwartaal af

Die arbeidskommissaris het ‘n totaal van 1 713 arbeidsake gedurende die eerste kwartaal van die jaar hanteer, wat 758 ou sake wat hangende was insluit, sowel as 955 nuwe sake wat aanhangig gemaak is. Minstens 880, of net meer as 51 persent van die totale sake is suksesvol opgelos terwyl 833 nog oop is. Die wet gee die reg tot ‘n dispuut aan enige party sowel as om teen ‘n arbitrasie te appelleer. Ten minste 23 appèlle en 5 resensies is by die Arbeidshof ingedien teen toekennings wat uitgereik is deur die arbeidskommissaris.