Numsa skaar hom by die Palestyne

Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu en Amerika se president Joe Biden vir hul optrede in Palestina en beskuldig hulle van volksmoord. Die vakbond het sy solidariteit met die Palestyne uitgespreek ná ʼn versoek deur die Amerikaanse aktivis, Angela Davis. Hulle het ooreengekom om saam met Davis te werk aan ʼn veldtog om Palestina te verdedig en ondersteuning op plaaslike, streeks- en internasionale vlak te bevorder. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra dat boikotte en sanksies teen Israel ingestel en beleggings onttrek word: