DA vermoed sabotasie by Charlotte Maxeke-hospitaal

Die DA in Gauteng sê dit is ongelooflik dat nog ‘n brand by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal kon ontstaan. Die hospitaal bestee jaarliks 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan sekerheid. Die party sê ‘n volledige ondersoek is nodig na gisteraand se brand, en sabotasie behoort vermoed te word. Jack Bloom van die DA sê inwoners van die provinsie wag steeds vir ‘n verslag oor die verwoestende brand wat verlede jaar in April in ‘n pakkamer by die hospitaal ontstaan het.