Petroleumkommissaris ontken bewerings van brandstofbedrog

Die brandstofkrisis in die land maak tans opslae en uit verskillende oorde. As dit nie die verhoging van die brandstof is nie, is dit bewerings dat sommige vulstasies nie die korrekte volume brandstof pomp nie en gevolglik bedrieg hulle hul kliënte deur meer geld te betaal vir minder brandstof. Kosmos 94.1 Nuus het met die petroleumkommissaris Maggy Shino oor die saak gepraat en sy het gesê dit is ‘n kriminele oortreding as iemand gevind word wat dit wel doen. Shino het egter ná ondersoeke gesê geen oortreding daarvan is ontdek nie.