Ramaphosa sê staatskapers moet deur NVG vervolg word

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê hy is selfs as staatshoof nie by magte om strafregtelike stappe teen enigeen in te stel nie. Hy het tydens die debat oor sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal reageer op vrae oor die vervolging van persone wat deur die staatskapingskommissie betrek is. Ramaphosa sê die mag is in die hande van die Nasionale Vervolgingsgesag.