Hofinterdik oor samesmelting van taxiverenigings in Johannesburg

Die departement van paaie en vervoer in Gauteng het ‘n hofinterdik verkry wat lede van die Johannesburg Tembisa-taxivereniging en die Midrandse Taxivereniging verbied om saam te smelt om die Johannesburg Midrand-taxivereniging te vorm. Die woordvoerder van die departement, Theo Nkonki, sê die departement het die hof met ‘n dringende aansoek genader om ‘n interdik teen die samesmelting te verkry en ook die polisie volmag te gee om seker te maak die verenigings kom die hofbevel na.