Onderwysministerie verduidelik die uitslaeproses van NSSCO-eksamen

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die eksamenuitslae van die Namibië Senior Sertifikaat Gewone Vlak van graad 11-leerders vir beide voltydse en deeltydse kandidate Vrydag bekend gemaak sal word. Die uitslae sal op die webtuiste van die onderwysministerie beskikbaar wees, asook via SMS’e en gedrukte media. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn het aan Kosmos 94.1 Nuus die proses van die uitslae verduidelik.