Ramaphosa loof Ginwala oor haar stryd vir vroueregte

President Cyril Ramaphosa het Frene Ginwala se sleutelrol geloof om vroueregte binne die ANC af te dwing. Hy het tydens die gedenkdiens van die ontslape stigter-speaker van die Nasionale Vergadering en struggle-ikoon gepraat. Ginwala het in die ouderdom van 90 in haar huis gesterf twee weke nadat sy ‘n beroerte gehad het. Ramaphosa het gesê Ginwala kan by die lang lys vroue gevoeg word wat geveg het dat vroue se stemme gehoor word.