Oscar-benoemings bekend gemaak

Die rolprent Everything Everywhere All at Once is voor in die koor met die benoemings vir die 95ste Oscars. Dit het elf benoemings losgeslaan, terwyl die anti-oorlogdrama, All Quiet on the Western Front en The Banshees of Inisherin elk nege benoemings ingehark het. Everything Everywhere all at Once is onder meer as beste rolprent benoem, Michelle Yeo as beste aktrise, en Daniel Kwan en Daniel Scheinert as beste regisseurs. Die benoemings vir die Oscars is deur die akteurs Riz Ahmed en Allison Williams bekend gemaak.