Rehoboth stel erwe beskikbaar by Bahnhof

Die Rehoboth-dorpsraad het besluit om vakante erwe aan Rukoro-begunstigdes in Bahnhof uitbredings 2 en 4 toe te wys. Die raad beoog om teen die einde van Januarie met die opmeting van hierdie erwe te begin. Die begunstigdes van die goedgekeurde Rukoro-erwe, wat belangstel om in Bahnhof te woon, word versoek om eers die goedgekeurde koopprys van 5 000 Namibiese dollar vir grond van 356 vierkante meter te betaal. ‘n Bykomende 1 600 dollar moet betaal word vir grond-opmeting voor okkupasie. Die dorpsraad se skakelbeampte, Desire Pieters sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die voorwaardes is.