Ramaphosa het 11 dae terug kragplan belowe, hoor nog niks

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, doen ʼn beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend met rasionele en hervormingsgerigte oplossings vir die energiekrisis vorendag te kom. Volgens die president het hy by ʼn aantal belanghebbers aangeklop om ʼn werkbare oplossing vir die krisis te vind. Hill-Lewis sê 11 dae het reeds verloop sedert Ramaphosa belowe het om ʼn omvattende stel stappe bekend te stel om die kragkrisis die hoof te bied, maar dis onduidelik hoekom hy steeds geen oplossings aangebied het nie: