Trein ontspoor weer, die keer naby Otavi

Daar was nog ‘n ontsporing van ‘n TransNamib-trein vanoggend, naby Otavi. Dit volg na Donderdag se ontsporing naby Rössing aan die kus. Die maatskappy gaan reeds gebuk onder uitdagings met ‘n erge tekort aan werkende lokomotiewe. Volgens TransNamib se uitvoerende hoof, Johny Smith, was daar reeds in Mei vanjaar ‘n tekort ervaar en hy het daardie tyd gesê daar was net 20 werkende lokomotiewe. Daarom ook, die feit dat die Desert Express nie in werking is nie. Smith het wel bevestig dat die lening van 2,6 miljard Namibiese dollar wat TransNamib by die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank bekom het, vir hierdie doel, onder andere, aangewend sal word.