Laura gesels oor nederlaag teen Engeland

Laura Wolvaardt van die Protea-vrouespan, sê te min vennootskappe was een van die bydraende faktore in hulle nederlaag teen Engeland in die eerste T20-internasionale wedstryd in Chelmsford. Engeland het met ses paaltjies gewen met nog vyf boulbeurte oor. Katherine Brunt het ʼn loopbaan-beste vier paaltjies vir 15 lopies laat kantel en Sophia Dunkley het haar eerste T20-vyftigtal aangeteken. Wolvaardt glo hulle sal meer aggressief moet wees in die tweede wedstryd môre in Worcester: