Ramaphosa gaan met Nasionale Koronavirus-bevelsraad vergader

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het na wat berig word gevra die Nasionale Koronavirus-bevelsraad moet vergader sodra hy Woensdag van sy reis uit Wes-Afrika terugkeer. Tydens die besoek het Ramaphosa en ander leiers uitgevaar teen die reisverbod op sekere Suider-Afrikaanse lande weens die Covid-19 Omikron-variant. Suid-Afrika se Covid-19 gevalle het oor die afgelope paar dae skerp gestyg en sommige hospitale sukkel om die aantal pasiënte te hanteer. Die land wag om hoor of die bevelsraad strenger inperkingsmaatreëls gaan voorstel.