Chester-dieretuin verwelkom bedreigde rol-aap familie

Die Chester-dieretuin in Engeland het die aankoms bekendgemaak van ‘n skaars rol-aap-familie, een van die mees bedreigde spesies ter wêreld. Die familie bestaan uit die ouers, Masaya en Grizu, en hulle seuns, Anum en Ilo. Die direkteur vir Diere en Plante, Mike Jordan, is besorg omdat die ape heeltemal kan uitsterf want hulle verloor nagenoeg 90-persent van hulle bevolking weens die verlies aan habitat in Wes-Afrika. Hy het bevestig die familie word deel van ‘n internasionale teelprogram om te voorkom die spesie sterf uit.