Outa gaan hof toe oor Karpowership-lisensies

Die Organisasie teen Belastingmisbruik neem die energiereguleerder, Nersa, hof toe oor sy besluit om opwekkingslisensies aan die Turkse onderneming Karpowership in Suid-Afrikaanse hawens toe te staan. Outa het ‘n aansoek ingedien om die volledige, ongeredigeerde rekords te bekom van Nersa se besluit om opwekkingslisensies goed te keur. Die verhoor sal volgende maand in die Hooggeregshof in Pretoria plaasvind. Stefanie Fick van Outa voer aan Nersa se besluitneming toon geen deursigtigheid nie en kon nie  ‘n balans tussen openbare en ekonomiese belange bewerkstellig nie: